Home Up ...vanaf die webeienaar

 Afrikaanse weergawe
 

 

 

 

" In die huis van my Vader is daar baie wonings..."

JOHANNES 14 : 1-7

 

 Baie mense is onder die indruk dat die Here God, Skepper van die

Heelal, 'n vermorser is. Hy het die hele heelal, biljoene sterre stelsels, triljoene sonnestelsels geskape en net op hierdie klein planeet Aarde het Hy die omstandighede daargestel om lewe te onderhou.  Dit demonstreer maar net weereens die mens se uiterste egoistiese sienswyse dat hy alleen en dominant in die HEELAL is. Hy alleen het die reg om te bestaan as 'n wese wat ontstaan het uit die modder, warboel en slym van 'n prehistoriese see.  In sy verstand kan daar geen ander wesens beter as hy wees in die hele geskepte heelal nie.  Hy weet net soos enige ander skepsel wat lewe, dat iewers in die Heelal  daar 'n God is, maar hy is nie eens bereid om hierdie moontlikheid te erken nie.

 

As jong seun het ons geen optelmasjiene, kompers ,bankkaarte, straalvliegtuie, ruimte programme of televisie gehad nie.  Boonop was die telefoondiens baie swak.  Van dorp na dorp het ons met die handtelefoonsentrales van twee tot agttien ure gewag vir 'n oproep om deur te kom. Baie keer kon jy skaars hoor wat gese word.

 

Ewe skielik het die wereld die atoombom... 'n Skrikwekkende, verwoestende wapen, neergelaat op Hiroshima en Nagasaki.  Duisende onskuldige mense is gedood deur die massiewe ontploffing.  Ons het na die nuus probeer luister op een van daardie ou "suisende fluitende, krakende" radios met daardie lang lugdrade. Tot ons uiterste skok kon ons uitmaak wat gese is. Vir 'n hele ruk daarna kon mense nie hieroor praat nie.  Mense het oor hulle woorde gestruikel en party het openlik gehuil.  O ja, daar was baie meegevoel in daardie dae voordat televisie op die toneel verskyn het en alle emosionele gevoel van die mens versmoor het. Te veel geweld om na te kyk elke dag.  Die gevolg is daar bly min oor om voor om te gee.  Buitendien is dit iemand anders ver weg wat swaarkry.  Dit affekteer my nie. Niemand wil meer betrokke raak of wees nie.

 

Veranderinge het vinnig gekom.  Tegnologiese, mediese en geestelike veranderinge het gemaak dat niemand van daardie tyd die wereld van vandag sal herken nie.  Landskappe het vinnig verander. Kennis het ook vinnig vermeerder. Vandag onthou ons die maanlanding as maar  net nog 'n gebeurtenis.  Niks besonders nie.

 

Polities het die wereld verander. Baie min mense kan aanpas by die veranderinge wat rondom hulle plaasvind.  Hulle kan ook nie aanpas by die geestelike veranderinge wat plaasvind in hulle eie families nie.  Baie lede van families raak betrokke by snaakse leerstellinge en verwerp die Christelike beginsels.

 

In die proses gryp hulle na strooihalms vir verlossing.  Die preke in die kerke ontnugter hulle.  Meestal is dit leeg en sonder enige betekenis.  Hulle soek na die waarheid, maar vind dit nie.  Die kerkleer is te veel ingedril en ingemessel by die predikers.  Hulle is gebreinspoel totdat hulle niks anders glo as wat hulle geleer is nie.  Hulle studeer nie die Bybel nie en hulle besef nie hoe maklik dit is om 'n Christen te wees nie.  Dit is maklik om 'n Christen te wees.  Lees maar self wat Jesus Christus gese het in Mattheus 11:28-30.  Sy juk is sag en sy las is lig. Dit is die woorde van Jesus Christus Homself!  Dit is maklik om 'n Christen te wees.  Ander mense se idees maak dit hard en moeilik.  Dit was nie so bedoel nie.

 

Deur Jesus Christus aan te neem as persoonlike Saligmaker gee Hy jou die mag om Kind van God te word.  Om te WORD nie om te wees nie.  Lees dit in Johannes 1:12-13.  Hoe word jy 'n Kind (Seun of Dogter) van die Lewende God?  Doen wat Hy beveel!  Bely en word gedoop en jy sal die Heilige Gees ontvang,  die seel van jou aanneming as 'n kind van God. God  bied `n  nuwe wereld aan elke verloste!  'n Splinternuwe wereld, sonder enige swaarkry , trane, frustrasies, siekte of enige ander sieldodende aspek. 'n Hemelse tuiste.  Nie die hemel soos gepreek in kerke nie, maar die hemel soos beskrywe is in die Bybel.  'n Groot verskil.  Die mens was geskape met 'n ondernemende gees,  'n ondersoekende verstand en altyd op soek na nog kennis.  Die mens is 'n aktiewe wese. Hy kan nie passief wees, soos party mense beweer dit in die hemel sal wees nie.  God sê in sy Woord dat niemand het 'n idee van die groot en ondeurgrondelike dinge wat God vir Sy seuns en dogters voorberei het nie.  Romeine 8:18

 

Kyk 'n bietjie na die wye sterrehemel op 'n wolklose, maanlose nag en sien die polsende, kolkende, draaiende Kosmos, soos deur God geskape.  Deur 'n teleskoop sal 'n mens se relatief swak oë die sterrestelsels, sonnestelsels en die triljoene sterre (sonne) beter kan  waarneem. 'n Nuwe hemel sal voor jou  oë ontvou. 'n Mens sien sterre- en sonnestelsels van verskillende groottes, vorme en helderheid besig om te gloei en straal. Polsend tot eer en heerlikheid van hulle Skepper.  Van die sterlig neem duisende jare om ons sonnestelsel te bereik. 'n  Mens kan maar net verstom staan oor die wondere van die Skepping. God het dit vir 'n doel geskape, nie om as versiering te dien vir die aardse bewoners nie. Hy het dit alles vir my en jou  geskape om eendag bewoon te word. Die ligte aan die hemel is sonne en rondom hulle is Sonnestelsels, planete in wentelbane, wagtend om bewoon te word deur die Seuns en Dogters van die Lewende God!

 

Deur 'n kind van God te word, word jy 'n erfgenaam van God en mede erfgenaam van Jesus Christus.  Lees Galasiers 4:1-7 en Romeine 8:17-25.

 

Meeste Christene glo dat hulle eendag saam met Jesus Christus die aarde sal regeer.  As al die Christene saam met Jesus gaan regeer is die vraag: Oor wie gaan hulle regeer? Die Bybel leer glad nie dat al die Christene saam met Jesus die aarde gaan regeer nie. Hulle neem die versies uit Openbaring 5:7-10  en bou dan hulle geloof daarop.  Die teendeel is egter waar. Die 24 ouderlinge sal saam met Jesus Christus regeer en nie die gelowiges nie.  Daar word in dieselfde boek Openbaring 1:5-6 genoem dat die wat gewas en gereinig is deur die Bloed van Jesus Christus, word Konings en Priesters vir sy God en Vader

gemaak.

 

As alle bloedgewaste gelowiges met Jesus Christus op aarde moet regeer, hoe beknop sal dit nie wees nie?  Daar is miljoene Christene wat op 'n koningskap saam met Jesus Christus kan aanspraak maak.  Dit sluit Christene deur al die eeue in.  Die ruimte op aarde is  beperk.  Baie wetenskaplikes het al beweer dat die aarde te klein is vir sy huidige bevolkingsgetalle.  Teenstrydige uitsprake met wat mense glo word in Romeine 8:15-39 gemaak en dit weerspieel die sienswyse van baie.  Waarom sou die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood verkeer tot nou toe!  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaring van die Kinders van God. Wat het dit met die verlostes te doen?  Waarom wag die hele skepping op die openbaring van die Kinders van God?  Die mens word hier op aarde geleer dat hy eendag in die hemel net gaan luier, kuier en koortjies gaan sing - heeldag lank.  Die hemel soos voorgehou deur predikante is baie vervelig en onaanvaarbaar vir meeste Christene.  Steeds hoop meeste Christene op iets beters as wat hulle geleer is.  Hulle hoop sal  nie beskaam word nie.

 

Daar is 'n beter toekoms wat op elke Seun en Dogter van God wag. 'n Mens se persoonlikheid sterf nie by sy dood nie.  'n Mens se siel en sy persoonlikheid en ook AL sy kennis leef voort na sy dood. Alles  wat 'n mens doen is deel van sy toekoms.  Al 'n mens se kennis, ondervinding, geleerdheid, drome en hoop gaan alles saam met hom.  Die planeet aarde is soos 'n groot skool waar jy vir jouself moet besluit wat jy eendag in die hiernamaals wil wees! Wat se soort "Adam of Eva" jy eendag wil wees !  As 'n koning of regeerder op jou eie wereld, en wat jy daarvan gaan maak.

 

Gelukkig is die Heilige Gees van God Alomteenwoordig.  Hy is daar om jou te help indien jy dalk 'n skool moet bywoon as gevolg van 'n gebrek aan geleenthede hier op aarde.  Ja, daar sal 'n skool eendag in die hiernamaals wees vir diegene wat nie die nodige bekwaamhede het nie.  Dit gaan nie 'n skool soos hier op aarde met al die sentimente en emosies  wees nie.  Elkeen wat gered is, sal in sy nuwe verheerlikte liggaam leef en hy sal in harmonie wees met die hele skepping.  Ons het 'n erflating, voorafbepaal deur Jesus Christus.

 

Lees:            Efesiers 1:1-14

                   Mattheus 27:50-53

                   Hebreers 5:11-14

                   Hebreers 6:1-20

 

 

Die waterdoop van die gelowige is noodsaaklik want:

            So word alle geregtigheid vervul.  Mattheus 3:13-17

            Gedoop in Sy dood, Romeine 6:1-7

            Gedoop in Een Gees.  1 Korinthiers 12:12-14

            Om jou met Christus te beklee.  Galasiers 3:24-29

            Opstanding met Hom.  Kol.2:9-15

 

Die Heilige Gees(Doping) is noodsaaklik vir alle gelowiges, want:

            Hy onderrig ons in alle dinge.  1 Joh. 2:25-29

            Hy is die Gees van Aanneming.  Romeine 8:14-17

            Vryheid deur die Heilige Gees.  2 Kor 3:6-17

            Die Heilige Gees dwing ons. 1 Petrus 3:17-22

            Lei ons as Seuns en Dogters van God.  Romeine 8:14

 

Die vraag word soms gevra, wat dan van die gewone Christene? 

Dis nou diegene wat gered is, maar nie die doping met die Heilige Gees ontvang het of gedoop is nie.  Waar pas hulle in die prentjie?

 

Hulle beërwe die koninkryk van die hemel hier op aarde.  Die nuwe aarde met Jesus Christus as Koning en Heerser.

 

As 'n mens na die natuur kyk kom jy agter dat alles in die natuur uit drie komponente bestaan.  Die Heilige Drie Eenheid is teenwoordig in die hele Skepping.  Die een komponent kan nie sonder die ander twee komponente klaarkom nie.  Dit  is soos liggaam, siel en gees.  Die een is ineengeskakel by die ander.

 

Daarom, om die Koninkryk van God te beërwe, is al drie komponente noodsaaklik naamlik bekering, doping en die doping met die Heilige Gees.  Al drie is opdragte van Jesus Christus en nie versoeke nie.  God is 'n regverdige God en 'n mens maai wat hy saai... (Galasiers 6:7) God sal die mens dienooreenkomstig die opdragte in Sy Woord oordeel.

 

Die Koninkryk van die Hemel is vir die geredde, gewone Christen.

Die Koninkryk van God is vir die Seuns en Dogters van God wat al Sy bevele en opdragte nagekom het.

 

Aan almal is die mag gegee om seuns en dogters van God te word.  Almal is of was egter nie gehoorsaam aan al God se bevele  nie, alhoewel hulle Hom liefhet en Hom aanbid.

 

Onkunde is geen verskoning nie.  Ons is verplig om God se woord te bestudeer en daaruit te leer.  Ons maak egter die fout om ander mense, wat nie eens self die Woord bestudeer nie, toe te laat om ons te onderrig.  Baie van die "geleerdes" verlaat hulle op boeke oor verskeie vertalings en dogmas, sonder om enigiets self te kontroleer.

 

Die gevolg is ons word dan lui en te selfversekerd oor enigiets rakende ons Saligheid.  Die tyd om te ontwaak uit ons winterslaap het nou aangebreek!  Wees volwassenes in Christus en nie meer babas wat met melk en sagte spyse gevoer moet word nie. Begin deur die vaste spyse soos dit geskryf is in die Bybel te verorber.

 

Waar, o waar, is die sterk manne en vroue in Jesus Christus wat bereid is om hulle lewens vir Hom af te le?  Het hulle almal uitgesterf of is hulle maar net aan die slaap?  Hulle word weggevoer van alle geestelike dinge.  Hulle word laks by die lees van die Bybel, asof hulle oë te moeg en moedeloos is. Hulle kennis van geestelike dinge is minimaal en hulle streef nie na die basiese Waarheid wat in hulleself te vind is nie.  Om die Skrif te bestudeer met aandag en konsentrasie en al die ander dinge betreffende die hiernamaals is te uitputtend en te

veel werk. Hulle moet gepamperlang en met die hand gevoer word en nog steeds ly hulle aan geestelike spysverteringsprobleme.  Die vaste spyse is een te veel en hulle moet nog steeds met melk gevoed word.

 

Hoe maak mens die geestelike dooies wakker uit hulle slaap?  Die wat weier om te luister?  Die selfversekerdes wat tevrede is met die bietjie kennis wat hulle verwerf het.  Hulle weet of ken nie eens die basiese beginsels van hulle eie bekering of Saligheid nie.  Hulle kan nie eens vir ander die weg van Saligheid wys nie. Hulle bly onkundig.

 

Al die kennis, ervaring, ondervinding en lesse maak van die mens 'n beter en meer gewaardeerde Seun of Dogter van God.  Hoe meer kennis en ondervinding die Christen opdoen hoe ryper en meer volwasse word hy en hy ontwikkel gouer van 'n baba tot 'n volwassene.

 

Elke Seun of Dogter van God word deur hulle verskillende ondervindinge op geestelike, fisiese, emosionele, seksuele, siels en intellektuele gebied gevorm en gepoleer tot perfeksie.  Dit is soos 'n juweel wat gereed gemaak word vir 'n kroon.

 

LIEFDE, en hierdie punt kan nie genoeg beklemtoon word nie, is die belangrikste van alles.  Laat LIEFDE toe om deur al jou lewenswee en handelinge te vloei en dit te vul.  Jy moet alles en almal wat deur God geskape is liefhe.  LIEFDE!  LIEFDE! LIEFDE!

Jesus Christus het gekom as gevolg van die Vader se liefde.  Van die Vader het Jesus Christus liefde vir almal verkondig.  Liefde is gratis.  Dit kan nie gekoop word nie.  Dit kan nie gehuur of uitverhuur word nie.  Dit word net gegee en ontvang.  God is Liefde en in Sy Lig is daar geen duisternis nie...

 

Wees nugter en streef daarna om die Koninkryk van God binne te gaan.  Dit behoort aan jou!  Slegs jy kan die prys behaal.  Net jy kan jou doel bereik.  Die toekoms is wat jy self daarvan maak. Dit wag vir jou!!!

 

Wees gehoorsaam!  Dan sal jy 'n blink toekoms beërwe.  Die aarde is die enigste planeet in die heelal waar mans en vrouens Seuns en Dogters van die Lewende God kan word.  Slegs diegene wat sondaars was, bekeer is tot Jesus Christus, gereinig deur Sy bloed en gedoop is asook gedoop is met die Heilige Gees kan aangeneem word.  Hulle word dan erfgename van God en mede-erfgename van Jesus Christus.

 

Is dit nie wonderlik nie?  Alhoewel ander planete en dimensies bewoon is kan hulle nie die koninkryk van God beërwe nie, omdat hulle blaamloos en sonder sonde is en nie wedergeboorte deur die Heilige Drie Eenheid kan ervaar nie.

            

Die mens is bevoorreg deurdat hulle deur God uitverkies is om deur Jesus Christus, seuns en dogters van die Skepper van die Heelal te  kan word.  Tree dus soos seuns en dogters van God op. Seuns en Dogters van God is uitverkies as Konings en Priesters van die Lewende God!  Die mens is nie engele nie; engele kan nie beërwe wat die mens op aarde kan nie.

 

Soos Paulus gese het:  Verbly julle in die Here.  Julle verlossing is naby en die Koninkryk van God wag vir u!

                                 

Om seuns en dogters van God te word beteken nie om oorboord te gaan en met 'n oormaat selfvertroue, trots en hoogmoed rond te loop nie.  Wees nederig en sagmoedig soos Jesus Christus was. Daar is baie vryheid in Jesus Christus.  Dit is nie om misbruik te word  of om soos 'n kleed 'n mens se swakhede te verdoesel nie.  Wees soos mans en vrouens behoort te wees; natuurlik in Christus Jesus.  Wees natuurlik, wees jouself, geniet die lewe en moenie die lewe vir jouself of ander misrabel maak nie.  Wees spontaan en barmhartig teenoor andere.

 

Neem van die liefde alles wat jy uit dit kan neem.  Gee en neem.  Gee gratis en neem gratis. 

 

Wanneer die tyd aanbreek vir jou om die planeet te verlaat, moenie spyt wees nie.  Wees bly en trots op jouself dat jy tot op die Einde geleef het vir die Heilige Drie Eenheid; nie vir jouself alleen of vir die wereld nie.

 

Ignoreer diegene wat 'n mens spesiale metodes en of maniere wil leer om God te aanbid.  Diegene wat preek dat jy eers van jou sonde "verlos" moet word voordat God jou sal aanvaar.  Die Heilige Drie Eenheid beskik oor meer as die vermoë om Hulle eie werk in 'n persoon se lewe te doen .  Hulle het nie aardse hulp nodig om hulle doel te bereik nie.  Aanbid die Heilige Drie Eenheid soos jy voel jy dit moet doen en nie soos ander wil hê jy dit moet doen nie.  Alle mense is verskillend.  Daar is nie twee mense hier op aarde wat presies dieselfde is nie.  Benader die Hemelse Vader soos jy jou aardse vader sou benader.  Hy is nie ver van jou af nie.  Hy is in jou deur Sy inwonende Heilige Gees. Niemand het nodig om te vertel hoe jy Hom moet aanbid nie.  Baie mense raak heeltemal weggevoer deur sekere reels en regulasies. Hulle probeer dit dan op ander afforseer.  Laat hulle maar hul eie reels en regulasies van aanbidding volg.  Aanbid die Here soos jy voel en moenie dat ander jou intimideer om die Here soos hulle te aanbid nie.  Bly by jou denkwyse.  Elkeen het sy eie oortuiging. Jesus het in Joh. 4:23-24 gese:"...maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom, so aanbid, 24. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

 

Daar is selfs diegene wat loop en verkondig dat hulle 'n verlossings bediening het.  Hulle vertel onskuldige mense dat hulle aan "Vigs" lei en besig is om te sterf.  Hulle beweer dan dat hulle die vier demone wat die mense so geestelik en liggaamlik folter sal uitdryf.  Wat 'n manier om geld te maak uit ander Christene!  Mag God hulle tot hulle sinne bring voordat dit te laat is!  (Galasiers 6:7)

 

Te veel mense is so behep met die bose magte dat hulle geen tyd het om God se werk en Liefde rondom hulle te aanskou nie.  Diesulkes moet 'n mens maar voor bid en hulle maar aanmoedig op die regte pad.  Hulle is nog "kinders" in die geloof en het die volwasse Christen se aanmoediging en ondersteuning nodig.  Laat Liefde, begrip en meegevoel die enigste gedagtes in jou wees wanneer jy met hulle te doen het, al is dit hoe moeilik.  Vra vir jou Hemelse Vader en Hy sal genoeg voorsien vir al jou geestelike behoeftes.

 

Omvou jouself met die leerstellinge van die Bybel en verwerp alles wat daarmee in stryd is.  In Galasiers 1:6-10 word 'n mens gewaarsku teen valse leerstellinge.  Ontvang geen ander evangelie behalwe die evangelie van Jesus Christus nie.  Enige verandering of wanopvatting is vals en kan jou van jou ewige prys beroof. Die mense wat hierdie valse leerstellinge verkondig is saam met hulle volgelinge verdoem.  Elke mens het die Woord van God om te bestudeer...  Laat niemand jou mislei nie!  Elkeen is kosbaar in God se oë!  Hy het Sy Seun as Slagoffer vir jou gegee en Sy ewige Bloed reinig en versoen jou met die Heilige Drie Eenheid.

 

Weereens, wees gehoorsaam.  Jy is uniek in die hele wye heelal.

Jy is uitverkies!

Hebreers 2:1-18

Daar is so baie valse idees en storietjies wat rondgaan oor die hemel en hoe dit daar sal wees.  Sekere  teoloë preek dat familie en vriende mekaar nie sal herken nie.   Almal sal volgens hierdie  teoloë nuwe skepsele wees met geen geheue of identiteit nie. Hoe hierdie Boedhistiese idee oor die hiernamaals die Christendom kon binnesypel bly maar net 'n raaisel.

Openb. 22:1-5;  Efes. 4:17-19

 

Sekere van die bekende wetenskaplikes beweer dat daar geen lewe kan bestaan op enige ander planeet in die Heelal nie.  Nou beweer sekere teologiese professore dieselfde.  Die vraag kan nou gevra word, as daar net op die aarde in die hele Heelal lewe is, wat dan van die plek wat Hemel genoem word?  Jesus het dan opgevaar na die Hemel en as Jesus in 'n fisiese liggaam na Sy opstanding kon eet en daar nerens elders in die Heelal lewe is nie, hoe kan Hy dan oorleef waar Hy nou is? Lukas 24:30-43

                                                   

Meeste leke glo dat planete in ander sonnestelsels deur monsteragtige wesens bewoon word.  Alhoewel God die mens na Sy Beeld en Gelykenis geskape het, het sonde 'n monster binne die sondige mens geskep.  Slegs Jesus Christus kan dit verander in 'n regverdige wese.  1 Johannes 1:9

 

Ruimtelike riller films is vervaardig wat baie mense laat glo dat daar monsters bestaan in die buitenste ruimte.  Hierdie films trek groot skares en nog meer geld.

 

IS ONS ALLEEN?

 

In die heelal is daar meer as 1000 miljoen sterrestelsels wat met die Palomar 200 duim teleskoop waargeneem kan word.  Ons eie Melkwegstelsel bevat omtrent 100 000 miljoen sterre (sonne) en dan is dit nog baie klein in vergelyking met die Andromeda sterrestelsel.  Die verste sterrestelsel waarneembaar en gemeet vanaf die aarde is meer as 5 000

miljoen ligjare ver.  Een ligjaar is 5 880 000 000 000 myl lank.  Dis verskriklik ver !  As dit waar is hoe ver lig in een jaar beweeg, hoe groot is die heelal nie.!  En nog steeds wonder 'n mens hoe is dit moontlik dat party mense hier op aarde, nog steeds bly spekuleer of ons alleen is.  Hoe verskriklik!  Word u nie bang as u daaraan dink dat daar in die ganse heelal net op hierdie klein ou planeet Aarde lewe is nie?  Geen wonder baie mense voel so onseker en minderwaardig nie.

 

Nou onlangs het wetenskaplikes hulle verklarings en sienswyses gewysig deur te sê dat daar 'n tien persent kans is vir lewe op die buitenste planete.  Lewe in 'n laer vorm of in 'n baie meer vooruitstrewende fase as hier op Aarde.  Drie hoera's vir hulle. Hulle het nie net gespekuleer nie.  Hulle het gesit en berekeninge gemaak volgens beskikbare data van die Heelal en tot die slotsom gekom...

 

ONS IS NIE ALLEEN NIE!

 

God het in Sy alwetende Almag en wysheid die Hemel en die Aarde geskape.  Die Bybel praat net van die Aarde, omdat dit alleen van toepassing is op die mense wat op die Aarde woon.

Sonder om jou te steur aan wat ander mense sê of dink, kyk 'n bietjie op na die sterrehemel.  Die hele uitspansel wat voor jou oë ontvou is maar net deel van God se oneindigende Rykdom en Skepping wat met reikhalsende verlange wag op die openbaring van die kinders van God.  Romeine 8:19

Die ganse heelal bly maar vir wetenskaplikes en teoloë 'n onbekende, vreemde gebied.  Die wetenskaplikes raai en wonder maar soos met die evolusie teoriee.  Die teoloë is meestal vasgevang in allerhande dogmas.  Deur hulle vermoedens, bespiegelings en pogings beperk hulle God tot die vlak van 'n menslike wese.  God is en bly die Skepper en Onderhouer van alles in die Heelal.  Wie gee die mens die reg om beperkinge te plaas op God se Skeppingsvermoë.

 

In 'n sekere sin is diegene korrek, omdat die planeet Aarde uniek is, net soos elke geskape mens en individu hier op Aarde. In die hele heelal is die mens die enigste verlore wese wat in sonde en goddeloosheid geleef  het.  Die  mens op Aarde is die enigste wese wat 'n duiselingwekkende belofte van God ontvang het.  God het self deur sy seun Jesus die belofte in Joh.1:12 gemaak dat almal wat Hom aangeneem het , aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word.

 

Die inwoners van die planeet Aarde is uniek in die opsig dat hulle kinders van God kan word deur gehoorsaam te wees aan die Lewende God.  'n Opdrag bly 'n opdrag.  Dit is nie 'n keuse of 'n versoek nie.  God het nog nooit sy bevele gekanselleer nie. God se bevele is nog steeds geldig. As jy 'n werknemer is, en jou baas beveel jou om iets te doen, en jy doen dit nie, wat is die gevolge? 'n Soldaat volg bevele tot die letter toe.  As hy misluk dra hy die konsekwensies.  Probeer 'n oorlog baklei met soldate wat bevele verontagsaam en kyk hoe vinnig verloor jy.

In hierdie geval is onkunde geen verskoning nie.  Die Bybel is 'n handboek met bevele in om te volg.  Niemand reis op die lewenspad sonder 'n padkaart nie.  Dit is belangrik om die weg te ken, anders mis jy uit op baie.

God se bevel is :  Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word en ontvang die Heilige Gees.  Hand. 2:1-4 , 38-39.

 

BEKEER EN BELY: Word verander deur Jesus Christus as Persoonlike Verlosser en Saligmaker aan te neem en laat Sy Bloed jou reinig van alle sonde en ongeregtigheid en volg Hom.

 

WORD GEDOOP: Na belydenis kom die waterdoop , die "begrawe"  in Christus ; die simbool van begrawe met Christus en opstanding  as 'n nuwe persoon.  Die doop word op baie maniere beskryf: as begrawe; vergifnis van sonde; hergeboorte; vervulling van God se geregtigheid ens. ens.

 

DIE HEILIGE GEES: Ontvang by bekering en kan ook aktief IN en deur die geredde persoon raak soos geskrywe in 1 Korinthiers  12:1-31.  Lees dit! Die spreek in tale is ook deel van die geestelike gawes.  Ten einde vir God te werk is dit noodsaaklik om die gawes van God te hê.   Die spreek in tale is 'n nuwe ervaring , wonderlik en het 'n kalmerende effek op 'n mens se gees.

 

Dit is die drie belangrikste bevele om te gehoorsaam.  Die beloning van gehoorsaamheid is groot- 'n plek van jou eie, as een van God se uitverkore Seuns en Dogters.  Elkeen, dit is almal op die planeet Aarde is uitverkies , maar nie almal is gehoorsaam aan Sy bevele nie.  Party kom nie eens sover as bekering nie ! Matt. 11:27-30

 

Daar is twee keuses vir Christene:

1.  Hulle gehoorsaam God se bevele om Seuns en Dogters van God te word.  Op die manier beërwe hulle die Koninkryk van God.  "In die huis van My Vader is daar BAIE WONINGS......"  God se huis is die HEELAL en Hy is ALOMTEENWOORDIG.  Die Koninkryk van God is Universeel en gevestig vanaf die begin van die Skepping. (Joh. 14:1-7)

 

2.  Hulle bely en kom tot bekering maar is ongehoorsaam om God se tweede en derde bevele na te kom.  Op die manier beërwe hulle net die Koninkryk van die hemel.  Dit is die aarde met Jesus Christus as Koning , wat saam met die 24 ouderlinge gaan regeer.  Dit moet nog gevestig word na die hernuwing van die aarde.  Open. 21:1-7

 

Daar is dus TWEE KONINKRYKE.

Die Bybel leer ons daar is 'n Koninkryk van die Hemel en 'n Koninkryk van God.  Twee  verskillende Koninkryke , maar tog Een.  Die Koninkryk van die Hemel is ingesluit by die Koninkryk van God en kan nie geskei word nie.  Tog is hulle nie dieselfde nie. Die soewereiniteit en heerskappy van God oor die Heelal sluit die Koninkryk van die Hemel in.  Die Koninkryk van God word 72 keer en die Koninkryk van die Hemel 33 keer vermeld in die Bybel . Omdat die Koninkryk van die Hemel deel is van die Koninkryk van God is daar ooreenkomste maar tog ook wesenlike verskille.

 

Hieronder volg die verskille tussen die twee:

KONINKRYK VAN DIE HEMEL 

KONINKRYK VAN GOD

Die Messias as Koning

Joh. 18:37 , Open.20:6

God is Koning

1 Kor 15:28

Vanaf die hemel

Joh.18:36 ,Dan.7:13

Op hemel en aarde

Ps.103:19

Op aarde alleen

Joh.18:37 , Open.5:10

Op hemel en aarde

1 Kor. 15:28

Moontlikhede is beperk

Sagaria 14:9

Moontlikhede is onbeperk

Open. 4:11 en 5:11

Polities

Jes.9:5-7 , Dan.7:14

Moreel en Geestelik

Rom. 14:17

Toekomstig

Matt.6:10 , 2 Tim.4:1

Verlede ,Hede en Toekoms

Psalm 90:2

Onder Christus

Ps.2:1-12 , Luk.1:32-33

God oor alles

Ps. 103:19

Aan Christus gegee

Dan.7:13-14 , Luk.1:32

Nie aan Christus gegee

Ps.10:16

Begin by tweede koms

Sag. 14 , 2 Tim.4:1

Is nou

Ps. 90:2

Onder die Hemel alleen

Dan. 7:27 , Open. 11:15

Oor alles

Ps. 103:19

Joods-aards

Jes.9:5-7 , Luk.1:33

Engel - hemels

Open.5:11

Plaaslik planeter

Open.11:15

Universeel interplaneter

Open.5:13

Aardse hoofsetel

Jes.2:3 , Sag.14

Hemelse hoofsetel

Hebr.12:22

Toedeling as doel

1 Kor. 15:24-28

Ewig in doel

Efes. 3:11

Het 'n begin

2 Tim 4:1 , Matt.6:10

Tydloos sonder einde of begin

Psalm. 90:2

Verdeling nou alreeds

Matt.13:38-50

Slegs weergeborenes

Joh. 3:5

Kom met uiterlike vertoon

Open. 19:11-21 , Matt.24:29-31

Sonder enige vertoon

Luk.17:20 ,  Rom.14:17

"Vlees en bloed" beërwe dit want dit is vir aardse natuurlike mense.

Sag.14:16, Matt.5:5 Matt.25:34 ,Ps.37:11

Geen vlees en bloed, net verheerlikte opgestane Heiliges beërwe alles !              Rom.8:17 , 1Kor.15:50-58, Open.21:7

  

DIE LIEFDE

'n Mens kan net een van die twee Koninkryke beërwe.  Die keuse is jou eie.  Sonder liefde kan jy beide verloor.  Liefde is die groot faktor vir beide koninkryke. Liefde word in 1 Kor.13:1-13 omskryf.  Dit vertel hoe daar gelewe moet word!

Die Liefde is geloof,hoop,lankmoedigheid en vriendelikheid.

Die Liefde is op almal van toepassing. Egbreek is die groot vernietiger van jou erfenis in die Koninkryk van God. Nie van jou saligheid nie. Lees die volgende:

Markus 10:2-12 Geen egskeiding ; Luk.16:15-18 Geen egskeiding

Matt.22:30 Geen huwelike in die hemel . Word soos engele. Dit beteken nie seksloos nie. Engele kan ook seks beoefen. (Gen. 6:4-6)

Matt. 16:19 Liefdesband bestaan voort in die hemel.

Matt. 5:31-32 Voor die huwelikseremonie (of die oomblik wanneer toewyding teenoor mekaar en God plaasvind), maar na die verlowing kan enige van die partye die huwelikseremonie aflas as daar hoerery met enige buite party deur een van die partye gepleeg is.

VERDERE VERDUIDELIKINGS OOR DIE KONINKRYK VAN GOD

Aangesien die stuk wat 'n vriend oor die Koninkryk van God geskryf het,  as 'n preek geskryf is, kon daar om verstaanbare redes nie vir elke stelling Bybelse bewyse aangehaal word nie. Die rede waarom ek dus hierdie "verduidelikings" skryf, is omdat ek glo dat baie mense graag van daardie stellings waar daar nie skrifbewyse gegee is nie, die stellings aan die Woord van God sou wou toets.  Die doel van hierdie skrywe is dan om net na van die belangrikste stellings te kyk in die lig van die Woord.

 'n Gedeelte soos Ps.103:19 "Die Here het sy troon in die hemel gevestig en Sy Koninkryk heers oor alles" , dui beslis daarop dat God die Vader se koninkryk die heelal omvou.  En Jesus ? Wat leer die Bybel ons oor wat Hy huidig doen en wat Hy gaan doen ? Jesus is in die Hemel en sit aan die regterhand van God die Vader (Heb.1:3, Kol.3:1) waar Hy vir ons intree (Rom.8:34) teen die beskuldigings van ons vyand (Open.12:10)

 

En wat gaan Jesus doen na Sy wederkoms ?  Hy gaan 'n koninkryk op aarde stig .  Sag.14:9 "En die Here sal Koning wees oor die hele aarde".  Lees ook Luk.1:32-33 en Open 11:15. Die Bybel is dus baie duidelik oor die 2 sake, naamlik dat daar 'n koninkryk is wat die heelal omspan en dat daar in die toekoms ook 'n koninkryk op aarde onder Jesus Christus sal wees.  Maar is hierdie koninkryke wel die sogenaamde Koninkryk van God en Koninkryk van die Hemel?  Om die vraag te antwoord moet eers besef word dat die 12 apostels saam met Jesus oor die nuwe aarde gaan regeer (Matt.19:28).  Wanneer die dissipels dan vir Jesus in Matt.18:1 vra "Wie is tog die grootste in die Koninkryk van die Hemele?" dan het hulle beslis die nuwe aarde as koninkryk in gedagte en nie die heelal nie.  Want in Matt.20:20-22 en Mark.10:35-37 sien ons weer duidelik hoe die apostels  dink aan watter magtige posisies hulle in Jesus se Koninkryk dalk kan hê. Die ander koninkryk wat die heelal omspan, moet dan die Koninkryk van God wees.

Ek dink dit is ook nodig om hier kortliks te verwys na die foutiewe leerstelling rondom die "Koninkryk van God" en die "Koninkryk van die Hemel" --- baie mense glo en word geleer dat die term Koninkryk van  die Hemel net 'n ander term is vir Koninkryk van God. En dat die rede waarom Mattheus eerder die term Koninkryk van die Hemel gebruik is omdat hy God se Naam uit eerbied vermy, en dus sodoende wil verhoed dat hy die naam "God" ydelik gebruik.  As dit dan wel Mattheus se motivering was, waarom is hy so inkonsekwent ? Want Mattheus gebruik wel die term "Koninkryk van God" op nie minder nie as 5 plekke in die Evangelie van Mattheus (sien Matt.6:33, 12:28, 19:24, 21:31, 21:43)  Verder gebruik Mattheus wel die naam  "God"  op ten minste 50 plekke in hierdie Evangelie.

Waarom verwys Mattheus dan so dikwels na die Koninkryk van die Hemel en die ander apostels nie ?  Die antwoord le daarin dat elke Evangelie vir Jesus vanuit 'n ander hoek beskryf ! (natuurlik met 'n bietjie oorvleueling)

Mattheus skryf  oor Jesus die Koning en die Messias.  Markus oor Jesus die Dienskneg, Lukas oor Jesus die Volmaakte Mens en Johannes oor die Goddelikheid van Jesus.

In ag genome dan die feit dat Mattheus gaan oor  Koning Jesus is dit net logies dat die verwysings na Jesus se toekomstige koninkryk, die Koninkryk van die Hemel, oorvloedig sal wees.

 

Sonder om verstrik te raak in die feit dat die Nuwe Aarde deel vorm van God se Koninkryk en sekere dinge dus van altwee koninkryke gese kan word bv. Matt.5:3 vergelyk met Luk.6:20, glo ek dat met voorafgaande bewyse plus die lys van verskille soos in die preek uiteengesit , behoort daar nie enige twyfel oor hierdie saak te wees nie.

 

Nou kom ons by die belangrikste saak - :  Naamlik dat Bekering 'n voorvereiste vir die Koninkryk van die Hemel is. En dat  Bekering, Waterdoop van die gelowige en Doop met die Heilige Gees,   jou 'n kind van God maak, en dat dit 'n voorvereiste vir die  Koninkryk van God is. Wat sê die Bybel hieroor?

 

Diegene wat altyd so roem dat hulle die Bybel in konteks lees... waarom lees hulle nie ook die Bybel in konteks oor laasgenoemde saak nie ?  In die  Ou Testamentiese gedeelte van die Bybel lees ons baie oor geloof en bekering, maar nooit is hierdie gelowiges met water gedoop of met die Heilige Gees gedoop nie.  Wat is die gevolge hiervan ?  Al hierdie gelowiges moet dus die Nuwe Aarde (Koninkryk van die Hemel) beërf ! Ja, dit is reg. Lees Gen.17:8 , Ex.32:13, Ps.37:9-11,18,29 (ou vert.) en Matt.8:11. 'n Gedeelte soos Luk.13:28 moenie gesien word as teenstrydig met die voorafgaande nie, want onthou die Nuwe Aarde is wel deel van die Koninkryk van God.

 

Van watter ander belangrike saak is daar ook geen lering in die Ou Testament nie ?  Ja, van die Wedergeboorte (Joh.3:3) of soos daar letterlik in die Grieks staan " gebore van Bo." Dieselfde saak wat dus ook genoem word in onder andere 1 Joh.5:1 (Gebore uit God), 1 Pet.1:3 (ou vert.) en 1 Pet.1:23 (Wedergeboorte)

 

In 1 Joh.5:1-2 (ou vertaling) kan ons sien dat die wat "uit God Gebore" is  (met ander woorde die wat wedergebore is) die kinders van God is.  Die volgende antwoord is dan seker maklik --watter lering vind ons ook nie in die Ou Testament nie. Ja dit is reg. In die Ou Testament is geen gelowige ooit 'n kind van God genoem nie.  Selfs Abraham was nie 'n kind van God nie, maar 'n vriend van God. (Jak.2:23)

 

In die slegs vyf gevalle in die Ou Testament waar daar van "seuns van God" gepraat word nl.Gen.6:1-4, Job.1:6, Job.2:1, Job.38:7 en Dan.3:25 is dit in elk geval 'n verwysing na engele en nie na gelowiges nie.  Dit word dan ook so in die Nuwe vertaling vertaal,  naamlik na "hemelwesens." Hierdie "seuns" het ook nie dieselfde betekenis as die "kinders/seuns" in die Nuwe Testament nie. Laasgenoemde dui op 'n baie intiemer verhouding. 'n Werklike Vader kind verhouding. En moet ook nie verwar word deur 'n foutiewe vertaling soos die nuwe vertaling Gal.4:28 vertaal het nie naamlik dat Isak 'n kind van God was. Die ou vertaling is korrek "kinders van die belofte."

                                 

Dit is dus baie duidelik dat wanneer 'n gedeelte soos Luk.16:16 leer dat "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig..." dan is dit nie maar net lee woorde nie,  maar dan is dit duidelik dat iets baie belangriks voortaan verkondig sou word -- iets meer as net die wet en profete, wat hoofsaaklik gehandel het oor bekering van sondes en die hoop op die koms van die Messias. 

 

In die preek word dan verwys na Joh.1:12 naamlik dat gelowiges die mag verkry om kinders van God te WORD -- nie te wees nie. Hierdie is 'n korrekte vertaling uit die Grieks van die woord "ginomai." Inteendeel die Grieks stel dit eintlik duideliker: Hierdie "word" is in die Griekse "aorist infinitive middle" . Wat in eenvoudige taal die volgende beteken : "aorist infinitive" -- 'n eenvoudige nie-herhalende aksie wat op 'n spesifieke tyd gebeur. En dan belangrik die "middle voice" -- verwysende na die onderwerp (in die geval, die persone wat Jesus aangeneem het) wat 'n aksie doen ten opsigte van homself of hulleself.

Volgens die grammatika in die Grieks wat dus hier gebruik word, is hierdie aksie van kinders "word" nie 'n outomatiese gebeurtenis nie, maar wel 'n gebeurtenis waar diegene wat Jesus alreeds aangeneem het, positief  optree om kinders van God te word.                                       

 

Dit is wat werklik staan in Joh.1:12.  Enige ander verklaring is en sal bloot subjektiewe interpretasie wees.

 

Kom ons kyk nou na die leerstelling oor die wedergeboorte, oftewel die geboorte uit God.  Soos reeds kon agterkom uit 'n gedeelte soos (1Joh.5:1-2 ou vertaling) is wedergeboorte die proses waar gelowiges gebore word tot kinders van God.

 

Eerstens word die hele proses deur God die Vader beheer, en dit kan ons sien  wanneer ons na verwysings oor die wedergeboorte kyk "gebore  van Bo" (Joh.3:3 letterlik vertaal)  "gebore uit God" (1Joh.2:29 ou vertaling, 1 Joh.3:9 ou vertaling, 1 Joh.4:7 ou vert. 1 Joh.5:18 ou vert.)

 

Hoe bewerk God hierdie wedergeboorte ?

1.  Die eerste stap is natuurlik wanneer die Bloed van Jesus jou reinig van sonde (Kol.1:14 ou vert. Open.1:5, 1 Joh.5:1 ou vert.)

'n Verduideliking van 1Joh.5:1 volg verderaan.

 

2.  Ook gebruik God Sy Woord in hierdie proses (1 Pet.1:23)

 

Tot dusver is alle gelowiges op die regte spoor, maar ons moet tog God se Woord volledig en in konteks lees. Daar is nog 2 dinge uitstaande.

 

3.  Die Bybel leer ons die Heilige Gees vervul ook 'n rol by die wedergeboorte.  Wanneer  vervul die Heilige Gees hierdie rol ? Is dit wanneer Hy in ons kom woon by ons bekering of is dit wanneer ons gedoop word met die Heilige Gees.  Die Bybel leer ons dat dit by beide is. Ten opsigte van die bekering is daar reeds na verwys by punt 1, maar lees ook Joh.16:7-11 om te sien dat dit die Heilige Gees is wat ons voorberei om die verlossing deur Jesus se Bloed te aanvaar. Maar baie belangrik

is die feit dat die Heilige Gees se werk ten opigte van die wedergeboorte nie klaar is met ons bekering nie, maar dat dit voortgesit word by die Doping met die Heilige Gees. Lees gerus Hand.8:15, Hand.10:47 en Hand.19:2. Die Griekse woord "lambano" wat vertaal is na "ontvang" beteken letterlik om "iets wat beskikbaar is aktief te neem."  Dit dui nie op 'n outomatiese passiewe ontvangs nie !  In al drie gevalle is "ontvang" ook in die "active voice" wat onomstootlik daarop dui dat die aksie deur die onderwerp van die werkwoord gedoen word.

 

Met ander woorde, wie "ontvang" ? --- die persone  wat vra vir die gawe van die Heilige Gees, hulle doen  die aksie deur die gawe (Doping)  van die Heilige Gees bewustelik te vra of aan te neem.                                                            

Kan u sien dat ons hier nie met 'n gewone bekering te doen het waar die Heilige Gees outomaties in ons kom woon nie?  Kan u sien dat ons hier te doen het met die Doping van die Heilige Gees ?

 

Dieselfde Griekse woord "lambano" ook in die "active voice"  word in Joh.1:12  gebruik  waar daar staan "almal wat Hom aangeneem het."

 

En belangrik, noudat u die agtergrond kennis het, dieselfde woord "lambano" en ook in die "active voice" word gebruik in Rom.8:15 waar daar staan " maar julle het ontvang (aangeneem) die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba , Vader !"

 

4.  Maar die Bybel leer ons dat daar 'n laaste faktor is wat die wedergeboorte bewerk. In Joh.3:3 sê Jesus vir Nikodemus dat hy weergebore moet word om die Koninkryk van God te kan beërwe.  In vers 4 blyk dit dat Nikodemus nie verstaan hoe mens weergebore kan word nie en in vers 5 verduidelik Jesus dat hy "uit water en Gees" gebore moet word.  Die "geboorte uit die Gees " het ons reeds gesien verwys na die werk van die Heilige Gees wat alreeds met ons bekering begin (Joh.16:7-8). Hy is natuurlik alreeds werksaam met ons selfs voor ons bekering. Die Heilige Gees sit dan Sy werk  ten opsigte van die wedergeboorte voort wanneer ons gedoop word met die Heilige Gees (Rom.8:15)

 

Hier het ons natuurlik 'n interessante omswaai van die aksie van wedergeboorte.  Want alhoewel die mens 'n verantwoordelikheid tot gehoorsaamheid het, deur te vra dat Jesus hom van sy sondes moet reinig en deur te vra vir die Doping met die Heilige Gees, is die wonderwerk van wat gebeur by hierdie dinge natuurlik in God Drie Eenig se Hande.

 

Die "gebore" in verse 3 en 5 is in die Griekse "aorist subjuntive passive" .  Met die "aorist subjuntive" wat beteken --"'n eenvoudige aksie waaroor daar  'n onsekerheid heers omdat die aksie nog nie plaasgevind het nie" . Hierdie "onsekerheid" word verder beklemtoon deur die woordjie "as" (Engels:except) "As iemand nie gebore word uit water en Gees nie..." Die letterlike Griekse betekenis van die woordjie "as" naamlik "ean me" bring die betekenis nog mooier uit. Dit dui op 'n situasie waarvan die uitkoms onseker is, afhangende van

die omstandigheid .

 

Waarom die onsekerheid en waarom die moeite om dit te bewys ?  Eenvoudig! Jesus stel hier die voorwaardes van wedergeboorte. 'n Mens kan of gehoorsaam daaraan wees of ongehoorsaam.  Daarom die onsekerheid, want as jy ongehoorsaam is, sal jy nie uit water en Gees gebore word nie, en dus by implikasie nie wedergebore word nie.  Voorafgaande bewyse behoort ook genoegsaam te wees om te bewys dat die "uit water gebore" onmoontlik kan verwys na die fisiese geboorte.  Waarom sou Jesus dan Nikodemus se fisiese geboorte aan hom stel as 'n voorwaarde waaroor hy 'n keuse het of hy gebore wil word of nie ? Dit is tog duidelik 'n foutiewe interpretasie !

 

Nou die "passive voice" van die "aorist subjuntive Passive" waarin hierdie "gebore" geskryf is.  Die "passive" beteken dat die onderwerp (die mens in die geval) die aksie (om weer gebore te word) passief ontvang.  Dus alhoewel die mens vra en doen in gehoorsaamheid aan God is dit God wat hierdie wedergeboorte bewerkstellig.

 

Wat beteken die water dan ? Vanaf die 2 de eeu na Christus ( Die eerste beskikbare inligting uit buite-bybelse bronne) tot en met die hervorming in die 16de eeu was die tradisionele interpretasie van die "water" in Joh.3:5 die "waterdoop." "Encyclopaedia of Religion and Ethics" Vol.2, bl.393-401.

 

Gedurende die 16de eeu het Calvyn gese die Water en Gees is dieselfde. Die water verwys na die reinigende aspek  die Gees. In die Nuwe Testament vind ons 2 verwysings waar die werking van die Heilige Gees met lewende water vergelyk word naamlik in Joh.4:10-14  en Joh.7:37-39. Hier word egter gepraat van lewende water en hoe hard ons ookal probeer om die "water en Gees" in Joh.3:5 as een te sien staan die voegwoord "en" (Kai) as 'n onverbiddelike skeiding tussen "water" en "Gees" en kan hulle nie as een gesien word nie.  Miskien is dit die rede waarom die Gereformeerde Kerke hulle interpretasie gewysig het van die van Calvyn na die sogenaamde "fisiese geboorte interpretasie"

 

'n Ander interpretasie is dat die "water" verwys na die "Woord van God" wat soos ons in 1 Pet.1:23 gesien het ook 'n rol speel in die wedergeboorte.  By die interpretasie word die verband tussen die "water" en die "Woord" verkry vanaf Ef.5:26 (ou vertaling)  Alhoewel die interpretasie dalk die beste van die 3 is deurdat dit nie in stryd is met die presiese Griekse betekenis van die gedeelte in Joh.3 self nie, kan die interpretasie ook nie aanvaar word nie en wel om die volgende redes:  Die Griekse woord wat na "water" vertaal is in Joh.3:5 word in alle gevalle waar dit gebruik word, gebruik vir gewone water, behalwe met 4 uitsonderings naamlik Joh.4:10-14, Joh.7:37-39, Ef.5:26, Open.17:1,15. En in al 4 gevalle is dit duidelik uit die konteks dat die "water" simbolies gebruik word.  In Joh.3:5 is daar egter geen aanduiding dat die "water" simbolies van iets anders is nie. As dit nou in ag geneem word dat hierdie gesprek tussen Jesus en Nikodemus ongeveer 30 jaar voor die skryf van die brief aan die Efesiers plaasgevind het (waar hierdie verband tussen "water" en "Woord" die 1ste keer getrek is) is dit duidelik dat as Jesus

wel "woord" bedoel het toe hy "water" gese het, dit onmoontlik vir Nikodemus sou wees om hierdie simboliek te snap.  Alhoewel die wedergeboorte 'n eenvoudige beginsel is en Jesus dit logies aan Nikodemus verduidelik het, hoef ons nie saam met Nikodemus verward te wees nie. Onthou dit was vir hom 'n nuwe boodskap (Luk.16:16)

 

Dit soverre die moeilike interpretasies van Joh.3:5 betref.  Die logiese interpretasie wat in volkome harmonie met die gedeelte self is, wat in volkome harmonie met die volledige evangelie van Jesus Christus  is, is dat  die "water" na gewone water verwys en dus na die "Waterdoop". Onthou  dieselfde apostel Johannes wat Joh.3:5 geskryf het, het ook 1Joh.5:1-8 geskryf en in laasgenoemde gedeelte gebruik hy ook net die term "water" wanneer hy verwys na waterdoop. Die nuwe Afr. vertaling interpreteer dit korrek in vers 6 ("water van Sy doop"), want die woorde "van Sy doop" kom nie in die oorspronklike Griekse teks voor nie.

 

En wat verder ook interessant is aan Joh.3:5 geld die "gebore"

natuurlik vir die Gees en water.  En soos reeds bewys is, dui die grammatika wat gebruik word op 'n aksie wat God doen.  Ons moet dus wegkom van die idee om die waterdoop altyd as 'n menslike handeling te sien.  Dis God wat hier 'n wonderwerk doen in die proses van wedergeboorte. In harmonie met Joh.3:5 is die verwysing in Tit.3:5 (ou vertaling) na die "bad van die wedergeboorte."

 

Onthou die mens het die keuse of hy gehoorsaam wil wees aan die roepstem van God Drie Eenig.  Hy't die keuse of hy wil gehoorsaam wees aan die dringende bevel in Hand.2:38.  "Bekeer Julle" . Wanneer die mens gehoorsaam is aan hierdie bevel en sy sondes aan die voete van Jesus le deur 'n eenvoudige gebed,  bly die gebed tog nie die einde van die saak nie, NEE !  Die Bloed van Jesus reinig die sondaar van sy sondes, die Heilige Gees kom woon in hom en die geredde persoon ontvang die Ewige Lewe.

 

Net so wanneer die mens gehoorsaam is aan die bevel "Laat julle doop" in Hand.2:38 is die aksie van doop tog nie die begin en einde van die saak nie. Die doop is tog ook 'n gebed, soos 1Pet.3:21  duidelik toon "...die doop...'n bede tot God..." Net soos by bekering is hierdie gebed (die doop) ook nie die einde van die saak nie. NEE ! God sit hiermee die proses van wedergeboorte voort.  Ook word jy deur die Doop deel van Jesus se sterwe en opstanding. (Rom. 6:4, Kol.2:12) Net so wanneer jy gehoorsaam is aan die bevel "Ontvang (lambano) die Heilige Gees" (Hand.2:38) Bly die gebed vir die Doping met die Heilige Gees tog nie die begin en einde van die saak nie, NEE ! Jesus Christus verrig hier 'n wonderwerk deur jou te doop met die Heilige Gees (Luk. 3:16 vers 17 in nuwe vert. ) en jou dus toe te rus vir jou taak as Christen (Hand.1:8)  Ook vorm dit deel van die proses van wedergeboorte.

 

Vervolgens kom ons nou terug na 1 Joh.5:1.  Aangesien 1 Joh.5:1 waar daar staan "elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore (wedergebore)" gewoonlik geinterpreteer word as: elkeen wat gereinig is deur Jesus se Bloed (tot

bekering gekom het) is wedergebore, dink ek dit is nodig om die skrifgedeelte van naderby te bestudeer.  Persone wat dan 1Joh.5:1 wil gebruik om te bewys dat bekering al vereiste vir die wedergeboorte is, moet net besef dat hulle nou hul oë sal moet sluit vir skrifgedeeltes soos Joh. 1:12, Joh. 3:5 en Rom. 8:15. Bogenoemde interpretasie van 1 Joh.5:1 is nie verkeerd nie, dit is net onvolledig.  Kom ons kyk nou na die rykheid wat in die versie opgesluit le.

 

Israel het die Messias (Die Gesalfde) van God verwag.  In Grieks die Christus (Joh.1:42 -nuwe vert.v.41) .  Israel het geweet dat hierdie Christus die Seun van God sou wees,  maar hulle was onseker of die Jesus wat hulle geken het wel die Christus, die Seun van  God was (Matt.16:13-16, Matt.26:63, Joh.6:69, Joh.11:27, Joh.20:30-31, Hand.2:36)

 

Die apostels het dus 'n taak gehad om vir die mense te bewys dat die Jesus wat hulle geken het, wel die Christus , die Seun van God was. En wanneer die mense dan hierdie feit aanvaar of glo, gaan dit oor meer as net die verstandelike kennis daarvan, want selfs die duiwels het so 'n "dooie" geloof (Luk. 4:41, Jak. 2:19) Nee, Johannes praat van 'n lewende geloof soos beskryf deur Jakobus in Jak. 1:22 en Jak. 2:14 wanneer hy in 1 Joh.5:1 sê "elkeen wat glo..."

 

Wanneer Petrus dan die heel eerste preek na die Uitstorting van die Heilige Gees baie toepaslik afsluit  met die volgende woorde: "Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het." (Hand.2:36).  Dan reageer die mense nie met 'n "dooie" geloof en sê net "Ja ons glo !" en dis die einde van die saak nie . Nee ! Hulle reageer met 'n lewende  geloof in die feit dat Jesus die Christus is en vra in vers 37 "wat moet ons doen .....?"  En die antwoord wat volg in vers 38 is  Bekering, Waterdoop en Doping met die Heilige Gees.

 

Wanneer ons dus 1 Joh.5:1 lees moet ons besef dat dit hier ook gaan oor al die fasette van die wedergeboorte en nie net oor bekering nie.

 

Verder help 'n gedeelte soos 1 Joh.5:1  ons ook om die korrekte balans te behou. In Heb.12:2 staan daar dat Jesus die "Leidsman (Begin) en Voleinder" van ons geloof is.

Ons moet dus nie in die slaggat trap deur net die Bloed van Jesus wat reinig van sonde as Jesus se verlossingswerk te sien, en dan die Waterdoop en Doop met die Heilige Gees as twee losstaande opdragte nie. Nee! Net soos ons die Bloed van Jesus wat ons reinig van sonde (1 Joh.1:7) nie van Jesus mag skei nie, net so mag ons ook nie die Doop met die Heilige Gees van Jesus skei nie,  want Jesus is die Doper (Matt.3:11). En net so mag ons ook nie die Waterdoop van Jesus skei nie, want Jesus het die Doop in die Naam van God Drie Eenig ingestel (Matt.28:18-19) en deur die doop word ons saam met Jesus begrawe en staan ons saam met Hom op (Rom.6:4, Kol. 2:12).

 

Daarom wanneer daar  in Tit.3:5 (ou vert.) staan dat Hy het ons "...gered deur die bad van die wedergeboorte..." en in 1 Pet.3:21 dat "...die doop, ons nou ook red..." behoort dit ons nie te verwar nie. Dit bevestig bloot die feit dat die doop

ook deel is van die reddingsplan van God Drie Eenig. Want Jesus se reddingsplan strek verder as net redding van die Ewige Dood (Hel) na die Ewige Lewe. Dit behels ook om Kinders van God te word en om die Koninkryk van God te mag beërwe, as mede-erfgename van ons Verlosser Jesus Christus.

*************

Kan u dus sien dat met die verkondiging van die Koninkryk van

God (Luk.16:16)-- Bekering plus Waterdoop plus Doop met die Heilige Gees,  word daar niks weggeneem van Jesus Christus se genade en werk nie.  Inteendeel Jesus se werk word meer oorvloedig in ons lewens.  Ja, en eers nou, na ons geboorte as kinders van God, mag ons die Koninkryk van God beërf (Joh.3:5).

 

Ten opsigte van die kwessie in die preek waarom egbreek die groot vernietiger van ons erfenis in die Koninkryk van God is, lees Gal.5:19-21 (ou vertaling) en 1Kor.6:9-10. Veral in Gal.5:19-21 is dit duidelik volgens die Griekse Grammatika dat ons hier te doen het met sondes wat herhaaldelik gedoen word. Ek glo dat Kinders van God deur Jesus se genade wel oorwinning oor die genoemde sondes kan hê. Maar daar is tog een sonde waaroor 'n kind van God in 'n sekere situasie nie oorwinnig oor gaan hê nie en dit is die sonde van egbreek.  Lees nou Mark.10:11-12 en Luk.16:18.  Diegene wat nie die beginsel van die 2 koninkryke wil aanvaar nie ... wat leer hulle die mense ? Dat jy jou saligheid verloor as jy skei en weer trou of verkies hulle maar eerder om hul oë vir een van bogenoemde twee pare skrifgedeeltes te sluit ?

Alhoewel jy dus jou erfenis in die Koninkryk van God sal verloor, leer die Bybel nie dat jy ook jou kindskap  verloor  nie. Of dat jy nie kwalifiseer om 'n kind van God te kan word nie, want aan "...almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy die mag gegee om kinders van God te word..."(Joh.1:12)

 

In Matt.6:32-33 (ou vertaling, nuwe vertaling misleidend) praat Jesus met gelowiges wanneer Hy hulle beveel om eers na die Koninkryk van God te soek.  As bekering al vereiste vir die Koninkryk van God was - waarom dan hierdie bevel ? 'n Verdere skrifgedeelte wat die waarheid aantoon van die proses van kinders van God word, vind ons in Matt.5:44-45 (ou vertaling). Die Bybel leer ons dat wanneer 'n sondaar tot bekering kom, hy net soos hy is na Jesus kom, met sondes en al (Luk.23:41-43, 1Tim.1:15, Jes.1:18). Maar in Matt.5:44 -45 sê Jesus: "Julle moet jul vyande liefhe; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is". Die woord "word" (ginomai) is onder andere in die "subjuntive mood" wat daarop dui dat hierdie mense waarmee Jesus praat nog nie kinders van God is nie, alhoewel die konteks wel duidelik toon dat Jesus hier met gelowiges praat (Matt.5:48). Dit is dus duidelik uit bogenoemde dat as jy in liefdeloosheid teenoor jou naaste lewe God wel die reg het om jou aanneming as Sy kind (jou wedergeboorte) terug te hou.  Moet ook nie verward wees wanneer gelowiges (slegs bekeerd) vir God aanspreek as Vader nie. God Drie Eenig het Hulself geopenbaar as God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees ! Die betekenis van die Griekse woord wat vertaal is na Vader het 'n wyer betekenis as net 'n Vader kind verhouding ! Dit is eers in

Rom.8:15 "Abba, Vader !" wat ons 'n enger betekenis van die woord Vader het, nie net bloot "Vader" in 'n ander taal nie !

 

U voel verder baie sterk oor die feit  dat alhoewel ons maar net 'n paar duisend sterre op 'n goeie aand met die blote oog kan waarneem dat die res, die biljoene, biljoene, biljoene wat ons nie eers kan sien nie ook maar net 'n versiering is, ook almal nodig is sodat daar lewe hier op aarde kan wees ?  Al wat ek net hieroor wil sê is net die een vraag.  Toe die aarde op 'n tyd in sy geskiedenis leeg en onbewoonbaar was, het God gese "... Hy het dit nie geskape om woes te wees nie,  maar dit geformeer om bewoon te word..."  (Jes.45:18)  Waarom sou God dan  uitreik na een nietige planeet wat leeg is,  maar aan die ontelbare ander planete niks doen nie ?

pet meds
Free Web Counter
pet meds

 

Home ] Up ] ...vanaf die webeienaar ]

Send mail to mvdm@mail.com with questions or comments about this web site.
Copyright © 2003
Last modified: 04/23/04